Elana and Hermie Bonnievale

Photographer: Wesley Vorster

Hi Lizl Ons fotos het gekom en dit is STUNNING! Ek kan nie glo my troue was so mooi nie, hehe! Baie baie dankie vir al jou moeite, die blomme was asemrowend mooi en het regtig al my verwagtinge (en pinterest pics) oorskrei! Ek dink jy was die enigste persoon wat my visie (en my obesessie met wit krismisrose)van die eerste dag af verstaan en saam met my ingesien het. Jy het jouself oortref in die uitvoer van daardie visie!! Dankie ook vir al die klein goedjies wat jy op die dag by die venue vir ons gedoen het van die glase op die bruidstafel, die roosblare vir konfetti op nr 99, regpak van die stoele sodat die saal absoluut perfek kon lyk vir die fotos en nog meer. Ek sal jou oor en oor aanbeveel! Groete Elana