Mooi Troues – Orange Styled Shoot

Venue: Nantes Estate 

Photographer: Gunther Schubert

Flowers and Decor Hire: Flamboijant

Linen Hire: Tablecloth Hiring Company 

Stationary: White Kite Studio

Crockery: Mervyn Gers

Mooi Troues Article: Oranje Trou Inspirasie

"Baie min bruide gebruik oranje as hul primêre kleur vir hul troudag. Mooi Troues wys jou vandag hoe om dit te doen in ‘n stylvolle, moderne wyse wat jou gaste se monde sal laat oophang. Ons het die mooiste stileerde fotosessie gehad by Nantes Landgoed tussen Paarl en Wellington. Flamboijant het, soos gewoonlik, gesorg vir perfekte blommerangskikkings vir dié fotosessie. Hulle het óók vase en ‘n houtplank voorsien, wat direk by Flamboijant gehuur kan word. Die skryfbehoeftes is ontwerp deur White Kite Studio en die borde is van Mervyn Gers. Die belangrikste ding om te onthou is om nie alles oranje te maak nie. Maak ook gebruik van ander kleure , dit sal die helder oranje bietjie breek. Oranje is ‘n baie sterk kleur en kan baie vinnig lelik lyk as dit nie reg gebruik word nie. Gee aandag aan wat jy saam met dit wil gebruik, sit die kleure en teksture vóór jou troudag bymekaar om seker te maak dit pas. Ons hoop julle geniet vandag se inspirasie-idee. Ons eie Günther Schubert het die pragtige foto’s geneem" Mooi Troues